Spelterapie

Download English Version 

Wat is Spelterapie?

Dit is ’n vorm van terapie wat hoofsaaklik gebruik word met kinders.

Die rede hiervoor is dat kinders nie altyd in staat is om hul eie emosies te prosesseer of om probleme wat hulle ervaar te verbaliseer nie.

Hoewel dit na gewone speeltyd mag lyk, is terapie baie meer as dit. ’n Opgeleide terapeut gebruik speeltyd om waar te neem en insig te verkry in ’n kind se wêreld. Die terapeut kan die kind dan ondersteun om sy/haar emosies te verken,

Hoe werk Spelterapie?

Daar mag ’n kommunikasiegaping tussen kinders en volwassenes wees. Afhangende van hul ouderdom en ontwikkelingstadium het kinders nie die taalvaardighede wat volwassenes het nie. Dit gebeur baie keer dat hulle nie weet hoe om hul emosies uit te druk nie.

Aan die ander kant, mag dit gebeur dat volwassenes die kind se verbale en nie-verbale leidrade wanvertolk of heeltemal miskyk.

Kinders leer om die wêreld en hul plek in die wêreld te verstaan deur spel. Dit is hier waar hulle vry is om hul innerlike emosies vrye teuels te gee. Speelgoed kan simbole wees wanneer jy weet waarna om te kyk.

Aangesien die kind dit moeilik vind om hulself in die volwasse wêreld uit te druk, sluit die terapeut aan by die kind in sy/haar wêreld en op sy/haar vlak.

Gedurende spel, gebeur dit dat die kind gemakliker voel om sy/haar gevoelens te deel. Hulle word egter nooit forseer om dit te doen nie. Hulle word toegelaat om oop te maak in hul eie tyd en met hul eie unieke kommunikasie metode.



Spelterapie wissel afhangende van die terapeut en die spesifieke behoeftes van die kind. Aan die begin mag die terapeut die kind eers waarneem terwyl hy/sy speel. Afsonderlike onderhoude mag gehou word met die kind, ouers en onderwysers.

Na ’n deeglike assessering, sal die terapeut terapeutiese doelstelling daarstel en ’n aksieplan opstel.

Spelterapeute gee aandag aan hoe die kind van sy/haar ouers skei, hoe hulle alleen speel en hoe hulle reageer wanneer die ouer terugkeer.

Heelwat word bekend wanneer opgelet word hoe die kind met verskillende speelgoed speel en hoe hul gedrag van sessie tot sessie verander. Hul mag spel gebruik om spesifieke vrese en angs uit te beeld, hul mag dit as ’n susmiddel gebruik of om probleme op te los.

Die terapeut gebruik hierdie waarnemings om na die volgende stap aan te beweeg. Elke kindjie is anders en daarom word die terapie vir die individuele kindjie uitgewerk. Soos wat die terapie voortgaan word gedrag en doelwitte her-assesseer.

Dit mag gebeur dat die terapeut ouers, sussies of boeties of ander familielede by die terapie inskakel. Dit word ‘filial’ terapie genoem. Hierdie tipe terapie kan help om konflik op te los; gesinsdinamiek te verbeter, ens.

Spelterapie tegnieke

’n Sessie duur gewoonlik 30 minute tot 60 minute en vind een keer ’n week plaas.

Dit hang van die kindjie af hoeveel sessies benodig word. Spelterapie kan direktief of nie-direktief wees. In die direktiewe benadering, sal die terapeut leiding neem deur spesifieke speelgoed of speletjies te kies vir die sessie.

Die terapeut lei dan die spel met ’n spesifieke doelwit in gedagte. Nie-direktiewe terapie is minder gestruktureerd.

Die kind kies speelgoed en/of speletjies en is vry om op hul eie manier te speel met baie min instruksies of onderbrekings. 

 Die terapeut se rol hier is om fyn waar te neem en deel te neem waar nodig. Sessies vind plaas in ’n omgewing waar die kind veilig voel. 

Die volgende tegnieke mag gebruik word:

• Kreatiewe visualisering

• Storievertelling

• Rollespel

• Allerhande verskillende tipes speelgoed

• Kunsaktiwiteite

• Sandspel

• Dans en kreatiewe beweging

• Musiek

• Ensovoorts

Voordele van spelterapie

Volgens die professionele organisasie:

Play Therapy International, sal tot 71 % van kinders wat verwys word vir spelterapie, positiewe verandering beleef.

Indien die kindjie gediagnoseer is met ’n fisiese- of verstandelike probleem, is dit belangrik om te onthou dat die terapie nie enige medikasie of ander noodsaaklike behandeling vervang nie.

Spelterapie kan alleen of saam met ander tipes terapie gebruik word. Wanneer word spelterapie gebruik .

Hoewel alle ouderdomsgroepe kan baat by spelterapie, word die terapie hoofsaaklik gebruik met kinders tussen die ouderdom van 3 jaar en 12 jaar.

Spelterapie mag ondersteuning bied m.b.t die volgende:

• Mediese prosedures

• Kroniese siekte

• Probleemgedrag

• Aggressie

• Gesinsprobleme, soos bv. egskeiding, afsterwe van ’n familielid ens.

• Trauma • Mishandeling of verwaarlosing

• Angs, depressie, hartseer

• Eetversteurings

• Enurese of enkuprese

• ADD of ADHD

• Outisme Spektrum Versteuring

• Ensovoorts