Sielkundige Dienste

MindScience Worx offer die volgende sielkundige dienste vanaf die praktyk in Springs en Brakpan:

Download English Version 

INDIVIDUELE PSIGOTERAPIE

Die doel van individuele psigoterapie is om die sielkundige probleme van kliënte soos wat hul dit in hul daaglikse bestaan ervaar, aan te spreek. Die kliënt kan hierdie probleme op ‘n persoonlike- of ‘n interpersoonlike vlak ervaar. Fokus areas sluit die volgende in:

• Die eksplorasie van die kliënt se verlede sodat ondersoek kan word watter impak hierdie ervaringe op hulle het.
• Die ontdekking van die kliënt se potensiaal om huidige kwessies wat aangespreek behoort te word, aan te spreek.
• Om die kliënt se potensiaal te gebruik om hom/haar te ondersteun om probleme te oorkom en hul lewens betekenisvol te rig.
• Ontwikkeling van betekenisvolle interpersoonlike verhoudings.



TIENER TERAPIE

Die doelwit hier is om die tiener te ondersteun om sy/haar ervaringe te verstaan soos wat hulle deur adolessensie beweeg. Wanneer hul ‘n beter begrip ontwikkel het van hul emosies en ervaringe kan hulle effektiewe maniere ontwikkel om hiermee te deel. Die uitdaging is om ‘n eie identiteit te ontwikkel terwyl dit voel asof jou lewe andersins in chaos gedompel is. Terapie sluit in:

• Aanneming 
• Angs/spanning/paniek 
• Beroepsoriëntering 
• Depressie 
• Eetversteurings 
• Egskeiding 
• Emosionele hindernisse 
• Energie Sielkunde 
• Gedragsversteurings 
• Gesinsterapie 
• Gestalt Terapie 
• Hipnoterapie 
• Kognitiewe Beheerterapie 
• Krisisbestuur 
• Kunsterapie 
• Leerhindernisse 

• Lewensvaardigheidsopleiding 
• Metafoor Terapie 
• Narratiewe Terapie 
• Neuro-ontwikkelingsagterstande 
• Oplossingsgefokusde Terapie 
• Ouerbegeleiding 
• Probleemoplossingsvaardighede 
• Sandspelterapie 
• Selfbeeld 
• Sosiale vaardighede 
• Spelterapie 
• Studiemetodes 
• Trauma 
• Verbale gedragsterapie 
• Verslawing

ASSESSERING

Psigo-opvoedkundige assessering

Gedurende ‘n psigo-opvoedkundige evaluering word op die volgende 4 kategorieë gefokus:

1. Emosionele funksionering

’n Reeks projektiewe tegnieke word ingespan: 
• Kind se gevoelens oor homself; 
• Hoe die kind voel as deel van sy/haar gesin; 
• Die kind se emosionele ervaring by die skool; 
• Die kind se verhoudinge binne sy portuurgroep; 
• Hoe al bogenoemde die kind se funksionering emosioneel en kognitief beïnvloed.



2. Kognitiewe funksionering

• Kognitiewe assessering kan gebruik word om die persoon se intellektuele funksionering te bepaal. Beide verbale- en nie-verbale toetse word ingesluit; 

• Die toetse gee ‘n indikasie van die kind se akademiese sterk- en swakpunte; 

• Aanbevelings word gemaak gebaseer op die resultate van die evaluering. Hierdie aanbevelings word aan die ouers en onderwysers (indien die ouers toestemming gee) gegee sodat alle belanghebbende persone kan saamwerk om die kind te ondersteun om sy/haar volle potensiaal te bereik.

3. Neuro-ontwikkelingsfunksionering

• Neuro-ontwikkeling verwys na die hierargiese, kwalitatiewe veranderinge in ‘n persoon se vermoë vanaf geboorte tot volwassenheid; 

• Om leer- en gedragshindernisse te verstaan help dit om ‘n goeie begrip te hê van die hierargiese veranderinge en funksionering van sensories-motoriese sisteme; 

• ‘n Kind se leer en gedrag mag geaffekteer word wanneer natuurlike ontwikkelingsmylpale nie bereik kon word nie; 

• Indien een van die sensories-motoriese sisteme nie optimaal funksioneer nie word meer druk op die ander sisteme geplaas; • Dit mag soms die basis wees van leerhindernisse, aandaghindernisse en gedragsprobleme; 

• Aanbevelings fokus op eenvoudige aktiwiteite wat ouers kan gebruik in hul daaglikse lewens om die kind se neuro-ontwikkelingsgapings te oorbrug.



4. Opvoedkundige funksionering

• Hierdie evaluasie gee ‘n aanduiding hoe die kind funksioneer i.t.v skool gebaseerde take, soos bv. wiskunde, lees, skrif en spelling; 

• Die evaluasie identifiseer probleemareas en dui aan hoe remidiërende tegnieke gebruik kan word om die kind se skoolprestasie te verbeter; 

• Die evaluering identifiseer moontlike leerhindernisse, soos bv. disleksia; 

• Aanbevelings word gemaak vir die ouers en onderwysers (indien die ouers instem) sodat die kind se behoeftes aangespreek kan word by die huis en in die skool.

5. Skoolgereedheidsassessering  

• Hierdie assesserings word gedoen met Graad R/A kindertjies om vas te stel of hul gereed is om die daaropvolgende jaar met formele onderrig in graad 1 te begin; 

• Ons gebruik dieselfde beginsels as wat reeds bo genoem is met toetse wat gestandaardiseer is vir jonger kinders.

6. Career Guidance and Subject Choice Assessment

• Met hierdie tipe toetse kyk ons na die individu se belangstellings, aanlegte en persoonlikheid; 

• Aanbevelings word gemaak na aanleiding van die kombinasie van die uitslae van bogenoemde toetse.

7. IEB and GDE Concession/Accommodation Assessments

• Wanneer ‘n leerder ‘n spesifieke behoefte het waarvoor aansoek gedoen moet word by die Departement van Onderwys, bv. ekstra tyd om vraestelle te voltooi, ens. word ‘n evaluasie gedoen om vas te stel watter konsessies die leerder nodig het en die aanbevelings word na die Departement van Onderwys gestuur vir goedkeuring.

TERUGVOER EN OUER ONDERSTEUNING

Word vooraf met ouers gereël en op ‘n vasgestelde tyd gedoen. 


BrainWorking Recursive Therapy®

BWRT®’ stands for ‘BrainWorking Recursive Therapy®’, a model of psychology and psychotherapy created by UK professional therapist, Terence Watts, MCGI. It’s a totally confidential method that doesn’t require you to reveal your private information or personal secrets to your therapist, and is carried out in a completely conscious state. It doesn’t use hypnosis or any mystical concepts - it’s completely logical, practical and down-to-earth, and only needs you to know what you want to change in your life for it to be completely successful. Only bona fide BWRT practitioners have been trained to deliver BWRT® and all have to adhere to a strict ethical code. Find out more at https://www.bwrt-professionals.com

BWRT® MAKES THE QUICKEST CHANGES!

This technique can be effective with:
• Anxiety
• Phobias
• Panic attacks
• Success Inhibition
• Fears
• Binge eating/drinking
• Self Worth/ Self-Confidence issues
• Relationship Issues
• Grief
• PTSD
• Abuse

BrainWorking Recursive Therapy®

BWRT®’ staan vir ‘BrainWorking Recursive Therapy®’’n model wat geskep is deur Terence Watts. Dit is ’n logiese, praktiese metode wat slegs vereis dat die kliënt weet wat hy/sy in sy/haar lewe wil verander om sy/haar volle potensiaal te bereik. Slegs opgeleide persone mag die terapie doen. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.bwrt-professionals.com

BWRT® VINNIGE VERLIGTING!
GesertifiseerdeBWRT Terapeute kan effektief deel met ’n aantal hindernisse wat ervaar word, insluitend:

• Angs
• Fobie
• Paniek aanvalle
• Sukses inhibisie
• Verskillende vrese
• Versteurings
• Verlies
• PTSD
• Trauma
• Verslawing
• Ensovoorts